Plasings

Ons Kindervriend

Prent
  “Haaaa tsjieshoe !!” hoes Rudolf nou vir die soveelste keer. “Toe nou Rudolf man,” sê Blitsie, “ons moet slaap en jy bly hoes, weet jy hoe vêr moet ons môre vlieg en as ons nie nou slaap nie gaan dit sleg wees.” “Ek kan nie help nie ouens, ek dink ek het griep,” sê Rudolf en hy kyk in die plas water voor hom, “kyk, my neus is bloedrooi van die koors!” “Ou Rudolf die rooineus takbok!” roep ou Komeet en skud die reuse horings op sy kop heen en weer, “nou het ek alles gehoor!” “Wat se lawaai is dit?” die deur gaan oop en Oom Santa stap in, sit lang wit baard nog deurmekaar geslaap, “julle ouens moet rus, ons het ʼn lang pad voor.” “Oom, oom kyk net Rudolf se neus!” gil Blitzie, “Die gloei van die koors, kyk jy kan dit van ver af sien in die nag!” “Rudolf, kom hier dat ek kyk,” sê die oom, “jong, jy is dan vuurwarm van die koors en ek dink nie jy sal kan saam gaan nie.” “Maar oom ... ek het al die jare nog voor getrek, oom asseblief ... !!" “Rudolf, jy is nie meer jo...

Jakkalsdraaie tussen die Duine

Prent
    Mesoma is dik ge-eet aan die rooibok lammetjie wat hy en sy jong vriende gevang het. Bloed net waar jy kyk en het die dom ding geskree! Die lammetjie se mamma en pappa het in sirkels gespring. Maar wat, wie gee tog om? Ons rooi jakkalse kan mos enige ding doen! Die spul slaap nog hul roes af, maar Mesoma is al weer lus vir nog pret. “Ag wat, laat hulle snork, ek weet wat ek gaan doen en gaan dan heerlik spog by hulle en al die meisies gaan net myne wees!” Hy rek homself uit, ruik in die wind en luister fyn, “Ek het dit! Ek gaan die hele trop meerkatte vang en hulle opsluit en elke dag ene vir ontbyt kom haal!” Hy draf skuins die weste windjie in, die Kalahari duine strek vêr voor hom uit, die lewe is ’n lied! Intussen, liewe maatjies wat gebeur in die duin? Hier woon die troppie meerkatjies al lank en gelukkig saam, niemand kon nog ooit enetjie seer maak nie, want hulle brandwag is dag en dag op haar pos, as sy roep, skarrel ons vinnig in ons tonneltjies in, si...

Sprokie vir ‘n Woudkind

Prent
  “Maar hier moet jy jou nimmer laat bind, want so lui die ou, ou sprokie, my kind. As jy geluk en vreugde wil vind, soek die neonboog se punt, volg hom elke nag langs swart riviere, en kyk nie eenmaal om. Dalk vind jy die land van blou saffiere, dalk 'n brokkie son.”   Lydia sing saggies die mooi liedjie terwyl sy lui voor haar paddastoel huisie sit met haar vlerkies ver uit gestrek. “Wat ‘n mooi dag!” sê sy vir Kasper, die ou gemmer wat spinnend langs haar slaap. Die blaartjies roer skaars en die Smaragrivier maak die mooiste kabbel geluide. “Kasper, ek gaan gou by die sewe dwergies kuier en regpak. Die outjies is maar ‘n klomp mans en hul huisie nou so deurmekaar sedert Sneeuwitjie mos die brulpadda gesoen en toe met die mooi prins getroud is.” Net toe gebeur dit, “Gwaaa!!!” “Wat is dit?” Kasper spring op, sy hare staan regop op sy rug. “Het iets vreesliks gebeur? Daai klank kom dan van Ouma Fiona se huis af!” ...

Die Stoute Wolkie

Prent
  Die skool in Durbanville kom daardie Vrydag uit. Grethe groet vir juffrou Joanie en draf uit na mamma Wilmien toe. “Ag nee! Ons wil dan gou see toe gaan en nou reën dit al weer!” Hoog bo hulle lag ou Kosie, die stoute wolkie, te lekker. “Kyk net al die kinders is papnat en het môre almal verkoue, lekkerrr!”    Hy hang rond en wonder, “Waar sal ek nou gaan moeilikheid maak? ... Bloubergstand natuurlik!” Hy dryf gou oor daar heen, die sonnetjie skyn te lekker en oral lê mense op die sand. Kosie sluk twee keer en toe gebeur dit, hy gooi ys op hulle! Haelkorreltjies net waar jy kyk en almal hardloop na hul karre toe. Die son gaan onder en Kosie kan nie meer sien wie se dag om voor sleg te maak nie. “Wag ‘n bietjie, daar is mos ’n nuwe dam gebou, ek gaan in die nag klomp water in dit gooi dat dit gaan breek!” Die volgende op die nuus in al die koerante, “Die Theewaterkloof dam het gebreek, groot skade, wat nou?” So gaan Kosie aan en aan want dis net te lekker om ...

Liewe Heksie in 2023

Prent
  “Aag Ja …,” sug tannie Liewe Heks. Sy tel die jare, al 81 van hulle verby toe sy as baba Levinia Liewe Heksie in Blommeland haar eerste skreetjie gegee het.  Koning Rosekrans, ou Matewis kat en die Feekoningin is lankal ver weg na die Blommeland Hemel. Sy verlang soveel na hulle. Tannie Levinia Heks staan stadig op en stap rustig om haar huisie. “Miskien moet ek tog gaan kyk wat die nare gifappeltjies weer vandag gaan aanvang.” Haar getroue ou besem staan regop geparkeer teen die muur. Met moeite klim sy op dit en kan jy dit glo, daar trek hulle! Die windjie waai deur haar kroes lokke en met haar een hand hou sy haar ou punt hoedjie styf vas en kyk na Blommeland ver onder haar. “ Haai oo, wat is daai?” vra Levina vir haarself, want net so op die grens met Gifappeltjie land is daar ‘n reuse gat in die grond! Levinia daal af en vlieg al om dit, sy probeer inkyk, toe …skielik val sy soos ‘n baksteen in die gat in! Maatjies wat dan nou? “Wat gaan nou gebeur?” vra jy seker. Is d...

Die vark in die verhaal

Prent
  Hallo maatjies! Elke jaar die tyd roep die Feëkoningin mos al die nuwe feetjies bymekaar. Almal buig diep en gaan sit en sy maak haar keel skoon, “Welkom hier vandag in die paleis liewe feetjie maatjies. Soos julle weet, leer ons vanjaar om rêrige feetjies te wees sodat ons alles om ons mooi kan maak.” Sy kyk op en af en sê toe, “Vir nou gaan ons by die diere leer en elkene sal vir haar ‘n dier gaan uitsoek met wie jy dinge gaan leer. Hoe om boom te klim, hoe om weg te kruip en waar om lekker kossies te gaan soek. Toe weg is julle!”      Sannie se koppie dwaal mos en sy hoor weer net die helfte. Die ander feetjies vlieg op om die oulikste diertjies eerste op te eis. Normatjie natuurlik die koala. Terwyl kort op haar hakke Ingridjie, wat met haar armpies om die steenbokkie staan. Die eekhoringkies, koedoetjies en baba leeutjies almal opge-eis en toe Sannie wakker skrik, wat bly oor? Net Borra ... ai toggie net nie dit nie, die lelikste diertjie in die hele w...

KATONKIE LEER VLIEG

Prent
    “Kom nou Kantonkie man, jy is so mooi groot en jy vlieg nou nog nie, ag nee man.” sê mamma, terwyl sy haar lang swart vlerke wyd uitsprei. “Ja! Ek dink ook so, ‘n witkruisarend wat so oud soos jy is moet lankal kan vlieg en help kos soek. Toe ek so oud soos jy was het ons al tot by Aasvoëlkop en terug gevlieg. Ag nee man ...” “Maar pappa en mamma, kyk net hoe hoog is ons nes teen die krans, sê nou ek val teen daardie vreeslike klippe?” “Hoe ook al, wees soet, ons moet gaan kos soek. Sit jou vlerke op jou kop as jy ou Griffa sien, hy is aaklig en onthou kransaasvoëls vang baba arendjies ...”   Katonkie is moedeloos en dink, “Ek is ook niks werd nie ...” Net toe gebeur dit! ‘n Donker skaduwee val op hom en hy skrik, “Dis seker Griffa!” Hy kruip diep in die nes in en hou sy koppie met sy vlerkies toe. “Hallooo, halloo!” hoor hy ‘n stem kwaak. Hy loer versigtig uit, wie kan dit wees? ‘n Pragtige spierwit swaan! Die swaan kom sit op die rand van die nes ...