Liewe Heksie in 2023

 


“Aag Ja …,” sug tannie Liewe Heks. Sy tel die jare, al 81 van hulle verby toe sy as baba Levinia Liewe Heksie in Blommeland haar eerste skreetjie gegee het. 

Koning Rosekrans, ou Matewis kat en die Feekoningin is lankal ver weg na die Blommeland Hemel. Sy verlang soveel na hulle.

Tannie Levinia Heks staan stadig op en stap rustig om haar huisie. “Miskien moet ek tog gaan kyk wat die nare gifappeltjies weer vandag gaan aanvang.”

Haar getroue ou besem staan regop geparkeer teen die muur. Met moeite klim sy op dit en kan jy dit glo, daar trek hulle! Die windjie waai deur haar kroes lokke en met haar een hand hou sy haar ou punt hoedjie styf vas en kyk na Blommeland ver onder haar.

“ Haai oo, wat is daai?” vra Levina vir haarself, want net so op die grens met Gifappeltjie land is daar ‘n reuse gat in die grond!

Levinia daal af en vlieg al om dit, sy probeer inkyk, toe …skielik val sy soos ‘n baksteen in die gat in! Maatjies wat dan nou?

“Wat gaan nou gebeur?” vra jy seker. Is dit die nare ou Geel Heks wat dit gedoen het?
 
Oo, nee, laat ek nou vir jou verder vertel, tannie Levina Heks val en val en val. Sy knyp haar ogies toe van bangheid. Sy haar besem is lankal weg uit haar hande geruk.

 “Wat nou?“ vra sy nou baie bang, voor haar daar is ‘n pragtige plek, helder ligte, rose wat blom en water wat loop.

Koning Rosekrans, ou Matewis Kat en die Feekoningin en al haar ou maatjies staan en lag vir haar. Die koning buig diep voor haar, “Levinia Heks, Welkom in die Blommeland Hemel!”


Erkenning aan Verna Vels wat die mooiste stories oor Liewe Levinia Heksie geskryf het.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

KATONKIE LEER VLIEG

Ons Kindervriend

Sprokie vir ‘n Woudkind