Die Stoute Wolkie
Hy hang rond en wonder, “Waar sal ek nou gaan moeilikheid maak? ... Bloubergstand natuurlik!”
Hy dryf
gou oor daar heen, die sonnetjie skyn te lekker en oral lê mense op die sand.
Kosie sluk twee keer en toe gebeur dit, hy gooi ys op hulle! Haelkorreltjies
net waar jy kyk en almal hardloop na hul karre toe.
Die son
gaan onder en Kosie kan nie meer sien wie se dag om voor sleg te maak nie. “Wag
‘n bietjie, daar is mos ’n nuwe dam gebou, ek gaan in die nag klomp water in
dit gooi dat dit gaan breek!”
Die
volgende op die nuus in al die koerante, “Die Theewaterkloof dam het gebreek,
groot skade, wat nou?”
So gaan
Kosie aan en aan want dis net te lekker om ander se lewens sleg te maak. Hy
dryf verder en verder van die see af, tot by ‘n groot plat stuk grond. Dis
bruin en lelik.
“Wat
kan ek nou hier doen om dit sleg te maak?” dink die ou.
“Aaaak!”
hoor hy.
“Wie is
dit?” Dis Korvie die witborskraai ... ag nee!
Maatjies
as jy nou gedink het Kosie is ‘n slegte outjie, moet jy Korvie sien. Kraaie is
mos al diere wat alle tale kan praat, so hy vlieg rond, luister en vertel jok
stories so ver hy vlieg.
Dan
moet jy sy nes sien. Sommer so op ‘n paal vol blikke en papiere ander lelike
goed. Korvie sit net daar en doen niks. ‘n Slegte outjie ...
"Wie
woon hier onder?” vra Kosie.
"Dis
daai ou oom Sybrandt. Ek hou niks van hom nie want hy kyk net heeldag na sy
koeie.”
“Koeie?”
vra Kosie.
“Ja!
Die ene se naam is Bontrok en haar man se naam is Rommel. Lelike goed met sulke
aaklige horings. Ek wens jy wil hulle bietjie skrik maak.”
“Reg!”
sê Kosie, en hy sak laer en laer. Hy sien die oom heen en weer loop. Bontrok en
Rommel is net vel en been en die arme hoenders krap in die grond vir ‘n laaste
kossie.
Net toe
hulle dit die minste verwag, gooi Kosie die hele plaas vol ys! Toe maak hy sy
stem dik en sê, “DONNNEERRR!!!”
Hy
stuur een lang weerligstraal wat die oom se windpomp stukkend slaan. Toe laat
los hy alles wat hy het en dis net water waar jy kyk, “Swem koeie, swem!”
Hy styg
op, maak ‘n plekkie vir die son om deur te skyn sodat hy lekker kan lag.
Maar
... almal is op die werf, almal hardloop in sirkels, die hoenders, die koeie,
die verskalfies en bulkalfies. Hulle lyk te vrolik. Net Kerneels die gemmerkat
en Klara die patryshond slaap nog in die huis.
Die
hane kraai en oom Sybrandt staan op sy kniee, sy oë is toe en met sy hande voor
sy bors kyk hy op en praat ...
Van
daardie dag af is Kosie anders. Hy gooi ys op die berge sodat mense en diere
kan bad en drink in die somer, hy gee sagte reën op die koringlande en op die
bossies waar die skapies wei. Kosie is ‘n ander wolk!
“Hoekom?”
vra jy nou.
Wel,
daardie dag kon Kosie oom Sybrandt se woorde hoor ...
“Liewe
Jesus, dankie, dankie, dankie! Dankie vir die bulkalfie wat Bontrok gekry het,
dankie vir al my mooi diere vriende en Here, dankie dat u ons plaas gered het
... dankie vir die eerste somer reën ...”

Opmerkings
Plaas 'n opmerking